Willem Adriaan van Aardt
Privacy Level: Open (White)

Willem Adriaan van Aardt (abt. 1812)

Willem Adriaan van Aardt
Born about in Cape Colonymap
Ancestors ancestors
Husband of — married 3 Aug 1834 in Somerset East, Cape Colonymap [uncertain]
Descendants descendants
Died [date unknown] [location unknown]
Profile last modified | Created 9 May 2020
This page has been accessed 162 times.

Contents

Biografie

South African Flag
Willem Adriaan van Aardt is genealogies verbind aan Suid Afrika /is genealogically connected to South Africa

Geboorte

Willem Adrian is gebore ongeveer 26 Feb 1812 - (geen primêre bron gevind nie maar inskrywing op Geni.com gee hierdie datum). [1]
Willem is die seun van Frans Johannes van Aardt [1]

Huwelik

Willem was getroud met sy niggie Anna Elizabeth Tregart. [2][3] Anna se vader Carolús Gustavús Tregardt, en Willem se moeder Susanna Wilhelmina Tregardt, was broer en suster.
Huweliksrekord van Willem Adriaan van Aardt en Anna Elizabeth Tregart - 3 Aug 1834[4]
Datum: 3 August 1834
Bruidegom: Willem Adriaan van Aardt
Briuid: Anna Elizabeth Tregardt

Boedel van die Voortrekker Louis Tregardt

Volgens Jan C Visagie in sy boek Voortrekkerstamouers 1835-1845 noem hy dat Willem Adriaan van Aardt en sy gesin na Natal verhuis het, moontlik om die paar oorlewendes van die Tregardt-trek by te staan nadat hulle vanuit Delagoabaai per skip na Port Natal gebring is, asook om te help met die bereddering van Louis Tregardt se boedel. Kort na hul aankoms word Willem as voog van Louis Tregardt se kinders en as mede-eksekuteur van Louis Tregardt se boedel aangestel. [5]
In some papers lodged with the Master's Office at Pietermaritzburg are some accounts headed: The Joint Estate of Louis Treichard and wife deceased at Delagoa Bay, by William Adrian van Aard, deceased having died Intestate. 21 September 1848.[6]
The heirs are listed as:
  1. Carolus Johannes Treichard [6]
  2. Petrus Frederick Treichard [6]
  3. Louis Gustaf Treichard [6]
  4. Anna Elizabeth Treichard [6]
There is a detailed Inventory of Assets totalling 2864 Rds. [6]
Willem was married to Anna Elizabeth Tregardt, the daughter of Louis Tregardt's elder brother Carolus Tregardt and was the executor of Louis' estate as shown in a letter dated 25.1.1849 to the Master of the Court stating that Mr van Aard wishes to be released from his duties as he has paid the amounts due to the major heirs and made investments on behalf of the minor heir, Anna Elizabeth Treichard, to the amount of 172 Rds. [7] :
Brief van Willem.
In the District Court
of Natal
In the Estate of Louis Trechard
deceased
Masters Report
The undersigned begs to report to this Honorable Court that by the liquidation account of the above Estate rendered by Willem Adriaan van Aardt the Executor Dativ it appears that he has accounted for and settled with the three major heirs for their portions of inheritance ........the said W. A. van Aardt now prays to be discharged from his capacity as Executor Dative to the above estate...... January 25th 1849 [7]


Kort geskiedenis van Willem Adriaan van Aardt [8]

Hy is gebore op 26 Februarie 1812 op die plaas Roodewal aan die voet van die Bosberg,distrik Somerset-Oos as agste kind uit die huwelik tussen Frans Johannes van Aardt en Susanna Wilhelmina Tregardt. Sy sterfdatum is onbekend, maar sy sterfplek is waarskynlik distrik Harrismith of Vrede.
Hy was later lid van die Volksraad in Pietermaritzburg en dit het so gekom:

Willem Adriaan se moeder was die ouer suster van die trekkerleier Louis Tregardt wat in Oktober 1838 in Lourenco Marques oorlede is. Louis het vier oorlewende kinders gehad. Die oudste, en enigste meerderjarige, Carolus, was tydens sy pa se afsterwe iewers in Oos- of Midde-Afrika op reis om na geskikte woonplek vir die Tregardts te soek. Die drie minderjarige kinders, Petrus Frederik, Louis Gustaf en Anna Elizabeth was soos al die ander oorlewendes van die Tregardt trek in haglike omstandighede in Lourenco Marques agtergelaat. Hierdie drie kinders en ander oorlewendes van die trek het in Julie 1839 aan boord van die Mazeppa in Port Natal aangekom. Die Tregardt-kinders se naaste familie was almal in Somerset-Oos woonagtig en daar het toe ‘n oproep om hulp na die familie uitgegegaan. Die enigste familielid wat sy weg oopgesien het om sy neefs en niggie in die verre Port Natal te hulp te snel was Willem Adriaan. By sy aankoms in Pietermaritzburg is Willem Adriaan deur die Weesheer as voog oor die drie Tregardt-kinders aangestel en as mede-eksekuteur van sy oom, Louis Tregardt, se boedel.
Willem Adriaan was nou 'n gevestigde burger van Natal en het op politieke gebied aktief gebly en later lid geword van die Pietermaritzburgse dorpsraad (1848).
Na die afhandeling van sy oom se boedel het hy in 1851 in die Vrystaat in die omgewing van Harrismith gaan bly. Hy het steeds aktief in landsake gebly. Dit is nie duidelik of hy lid van die Vrystaatse Volksraad was nie maar hy was wel een van die ondertekenaars van die Bloemfontein Konvensie van 1854, en duidelik dus was hy 'n leidende figuur in die Vrystaat

Navorsingsnotas

Die inligting oor die eksekuteurskap is voorheen verkeerdelik by die profiel van Willem Adriaan (van Aarde) van Aardt (bef.1774-1847) bygevoeg - maar dit was die verkeerde Willem Adriaan. Nou reggestel. Trichardt-22 op 28 Sept 2021.

Bronne

  1. 1.0 1.1 Geni.com rekord. Bygevoeg op 29 Sept 2021 deur Kobus Trichardt
  2. Sterfkennis van sy vrou Anna
  3. Sterfkennis van sy seun Lourens van Aard.
  4. South Africa, Dutch Reformed Church Registers (Cape Town Archives), 1660-1970 ," database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSV8-HS9Z-X?cc=1478678 : 13 October 2022), > image 1 of 1; State Archives, Cape Provinc
  5. [Voortekker Stamouers 1935-1845, Jan C. Visagie, Protea Boekhuis, ISBN 978-1-86919-372-0]. Bygevoeg op 28 Sept 2021 deur Kobus Trichardt
  6. 6.0 6.1 6.2 6.3 6.4 6.5 Court papers -See pages 60 et seq Added on 27 Apr 2020 by Ian McArthur
  7. 7.0 7.1 "South Africa, Pietermaritzburg Estate Files 1846-1950," database, FamilySearch Letter to the Court : 4 October 2017 , > image 1 of 1; Pietermaritzburg Archives (Formerly Natal State Archives), South Africa. Added by Kobus Trichardt on 23 April 2021
  8. Uittreksel vanuit VAN AARDT-GESLAGSREGISTER
    Saamgestel deur: Pieter J. De V.van Aardt
    Mercuriusweg 8, Solheim, RSA,1401
    aardtsvader @ telkomsa.net - 082 927 3459 - 011 822 4379.
    Dokument is in my besit . - Bygevoeg deur Kobus Trichardt, 2 Jan 2024.




Is Willem Adriaan your ancestor? Please don't go away!
 star icon Login to collaborate or comment, or
 star icon contact private message private message a profile manager, or
 star icon ask our community of genealogists a question.
Sponsored Search by Ancestry.com

DNA Connections
It may be possible to confirm family relationships. It is likely that these autosomal DNA test-takers will share some percentage of DNA with Willem Adriaan: Have you taken a test? If so, login to add it. If not, see our friends at Ancestry DNA.


Comments

Leave a message for others who see this profile.
There are no comments yet.
Login to post a comment.

Featured Eurovision connections: Willem Adriaan is 30 degrees from Agnetha Fältskog, 23 degrees from Anni-Frid Synni Reuß, 23 degrees from Corry Brokken, 24 degrees from Céline Dion, 25 degrees from Françoise Dorin, 22 degrees from France Gall, 26 degrees from Lulu Kennedy-Cairns, 25 degrees from Lill-Babs Svensson, 18 degrees from Olivia Newton-John, 29 degrees from Henriette Nanette Paërl, 24 degrees from Annie Schmidt and 18 degrees from Moira Kennedy on our single family tree. Login to see how you relate to 33 million family members.